On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 13 September 2022

───   18:39 Tue, 13 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 13 September 2022 | News Article
President Cyril Ramaphosa spreek inwoners toe (FOTO: OFM-Nuus/Lucky Nkonyane)

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 13 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

President Cyril Ramaphosa sê onderrig word geraak deur die vloed by Jagersfontein in die Vrystaat.

Tydens 'n besoek aan die dorp het Ramaphosa die slagoffers toegespreek en sy kommer uitgespreek oor die graad 12-leerders wat hul voorlopige eksamens skryf en hoe dit hulle beïnvloed.

OFM-nuus het voorheen berig meer as 200 mense is dakloos gelaat toe 'n myndam gebars en huise en motors meegesleur het - en uiteindelik tot die dood van een persoon gelei het.


'n Kleuter is dood nadat hy deur 'n trein by 'n spoorwegkruising in Heidedal in Bloemfontein getref is.

VR Med vertel aan OFM-nuus met noodspanne se aankoms op die toneel het hulle bevind dat die twee-jarige seuntjie ongelukkig noodlottige beserings opgedoen het.

Intussen sê National Crime Assist se Danie Pretorius die spoorlyn was nog altyd 'n probleem.

Die polisiewoordvoerder, Thabo Covane, het aan OFM-nuus bevestig die polisie ondersoek die voorval.


Eskom het Fase vier beurtkrag in werking gestel nadat drie eenhede by die Kendal-kragstasie in Mpumalanga onklaar geraak het.

Die kragvoorsiener sê dit het hulle genoop om tot dié stap oor te gaan van tienuur vanoggend tot vyfuur Donderdagoggend.

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, het gister op ‘n nuuskonferensie gesê in totaal het 42 opwekkingseenhede by verskillende kragstasies verlede week onklaar geraak.

Hy het ook gemaan dat die situasie op kort kennisgewing kan verander indien verdere opwekkingseenhede onklaar raak.


En nou na onderwys in Noordwes: Die vier klaskamers wat in die Tsamma Sekondêre Skool in Jouberton naby Klerksdorp gebrand het, is 'n groot terugslag vir die Onderwysdepartement.

OFM-nuus het vroeër berig volgens die provinsiale onderwyswoordvoerder, Elias Malindi, het gemeenskapslede wat naby die skool woon die brandweer gekontak.

Hy sê dat vier klaskamers, lessenaars, stoele en plafonne afgebrand het en voeg by dat die skryfbehoeftes in die stoorkamer, wat onderwysers-lêers in die kantoor van die departementshoof in die skool insluit, ook deur brand beskadig is.

LUISTER:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.