Entertainment
Leon Schuster slaan weer vure dood─── 11:39 Tue, 21 May 2024

“Ek is ’n Cheetah! Gelukkig het ’n kat nege lewens. Dit is die sesde keer wat dit gebeur, so ek het darem drie oor.”
Suid-Afrika se geliefde grapmaker en rolprentvervaardiger het vure doodgeslaan op sy 73ste verjaardag en op sosiale media verklaar dat hy wel nog die lewe hou.
Dinsdag (21/5) vier Leon Schuster 73 lewensjare ná ’n rowwe tyd en twee uitdagende rugoperasies. Hy het die geleentheid gebruik om Suid-Afrika te laat weet dat hy nie beplan om êrens heen te gaan nie, in elk geval nie binnekort nie.
“Ek is ’n Cheetah! Gelukkig het ’n kat nege lewens. Dit is die sesde keer wat dit gebeur, so ek het darem drie oor,” sê Schuster. “Dit is nie lekker as jou mense jou bel en sê ‘Ek is só bly om jou stem te hoor nie’.”
Schuster se derde rugoperasie, om ’n los skroef in sy onderste ruggraat te vervang, word binnekort uitgevoer, maar hy beplan om terug in die saal te wees sodra hy herstel het.
“Dankie vir die navrae en omgee en liefde – dit is WARE vriende. Jul liefde is op die tafel van my hart geëts. Dankie, dankie en dankie, liewe Jesus, dat my lewe in u hande is!”
OFM Nuus cg/mvh