Entertainment
Bloemskou: Wat jy kan verwag met hul 140ste verjaarsdag─── 07:26 Wed, 29 Mar 2023
Die tema vir vanjaar se Bloemskou is “Party Time” en volgens dit wat Hoof-Uitvoerende Beampte Elmarie Prinsloo vertel, gaan dit beslis 'n fees wees! Die Good Morning Breakfast-span het met haar gesels om te hoor wat skougangers kan verwag.
Daar is die jaar 'n splinternuwe toevoeging tot die skou - Die SKOUHUIS saam Shandor Potgieter.
LEES OOK: Bloemskou vier 140 jaar in skoubedryf
Luister die volledige onderhoud hier:
Die Good Morning Breakfast aanbieder, Shandor Porgieter sal hierdie jaar vir 140 ure in 'n glas skouhuis bly op Bloemskou se perseel. Dit alles ter viering van Bloemskou se 140ste verjaarsdag.
Jy sal die kans hê om te wen en deel te wees van al die pret en aksie by die Skouhuis, aangebied deur Bloemskou en OFM.
Daar sal ook 'n lewendige stroom wees op ofm.co.za waar jy al Shandor Potgieter se bewegings kan dophou.