On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Entertainment

Eloff praat uit oor 'Swipe Regs'

───   16:46 Thu, 09 Mar 2023

Eloff praat uit oor 'Swipe Regs' | News Article

Eloff soek sy pasmaat met sy nuutste treffer, "Swipe Regs". Jong Afrikaanse storievertelling met ’n drywende bas-ritme.

Met sy opgewekte tempo en herkenbare lirieke is "Swipe Regs" 'n lighartige draaksteek na die malligheid van moderne romanse, gemik op almal wat die hoogte- en laagtepunte van dating in die digitale era ervaar. Eloff se aanbieding is prettig én boeiend, wat die liedjie 'n lekker luisterervaring maak.

Ten spyte van sy spelerige toon raak "Swipe Regs" ook aan die uitdagings en frustrasies om liefde in die moderne wêreld te vind, en Eoff se alledaagse persona laat die liedjie herkenbaar en toeganklik voel vir 'n wye gehoor.

"Swipe Regs" 'n goedvoel-deuntjie wat luisteraars aanmoedig hul inhibisies te vergeet, pret te hê en hulself nie te ernstig op te neem watr sake van die hart betref nie.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.