On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Gesiene Bloemfonteinse sakeman se bedrogverhoor begin oor twee maande

───   15:28 Fri, 28 Mar 2025

Gesiene Bloemfonteinse sakeman se bedrogverhoor begin oor twee maande | News Article
Freddie Kenney. Foto: Abigail Visagie

Die bedrogverhoor van ’n gesiene Bloemfonteinse sakeman is uitgestel tot 23 Mei, wanneer sy verhoor na verwagting in die streekhof sal begin.

Freddie Kenney (70) het Vrydag (28/3) vlugtig voorgekom op aanklagte van bedrog nadat hy tussen 2016 en verlede jaar na bewering versuim het om belagstingopgawes in te dien vir die Sue Celken-familietrust.

Dit het die SA Inkomstediens ’n verlies van R70 miljoen laat ly, sê lt.kol. Zweli Mohobeleli, Vrystaatse Valke-woordvoerder. Die ondersoekeenheid na ernstige handelsmisdade het die saak voor die hof gebring.

Kenney was ses maande gelede ook in die nuus weens ’n hofstryd met Jabu Mbalula, LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, oor die gebruik van grond vir die Lemo-fees.

Freddie Kenney (regs in die liggeel hemp) speel gholf in Bloemfontein saam met pres. Cyril Ramaphosa (naaslinks). Foto: Morgan Piek

Die hooggeregshof in Bloemfontein het op 20 September die saak aangehoor. Mbalula het ’n hofbevel aangevra om Kenney, stigter en uitvoerende hoof van Kenworth Group, te verhoed om sonder toestemming geboue op te rig of die fees op Green Park naby Lemo Mall te hou.

Luidens hofstukke moes Kenney die departement se regskoste betaal of ’n alternatiewe beslissing in die geskil aanvaar. Hy is ook 21 dae gegun om bestaande strukture te sloop, anders sou die departement dit verwyder op sy koste.

Kenney het in 2023 ’n vyfjaarpermit vir die gebruik van Green Park probeer bekom ná die sukses van die eerste Lemo Mall Nasionale Kultuurfees. Die departement het sy aansoek egter geweier.

Geen toestemming gevra

Ondanks die besluit het Kenney begin bou, insluitend tydelike en permanente strukture. Die departement sê die terrein is ’n padreserwe en Kenney se konstruksie is onwettig aangesien hy geen toestemming vir die fees vanjaar aangevra het nie.

In ’n teenverklaring sê Kenney die grond is nie uitsluitlik vir padgebruik nie en vorige geleenthede is op dieselfde plek goedgekeur. Hy verduidelik dat die Kenworth Group net verantwoordelik is vir die tentoprigting, terwyl die fees deur Price Chain (Pty) Ltd aangebied word.

Die hof het in Lemo Fest se guns beslis dat die fees wel kon voortgaan soos beplan.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.