On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Nuwe Midvaal-bestuurder versterk verbintenis tot dienslewering

───   ZENANDE MPAME 09:57 Fri, 28 Mar 2025

Nuwe Midvaal-bestuurder versterk verbintenis tot dienslewering | News Article
Nuwe Midvaal-bestuurder versterk verbintenis tot dienslewering. Foto verskaf

Die Midvaal-munisipaliteit is vol vertroue dat sy nuut-aangestelde munisipale bestuurder voortgesette groei en uitnemendheid in dienslewering sal bevorder.

Die aanstelling is gemaak op die raadsitting Donderdag (27/3) en tree Dinsdag in werking.

Die pos het vakant geraak ná die vertrek van die vorige munisipale bestuurder, Anton Groenewald. Ná ’n streng werwings-en-onderhoudproses is Phumudzo Magodi gekies.

“Magodi bring uitgebreide ervaring uit die openbare en private sektor,” sê Idah Satikhe, munisipale woordvoerder. “Hy het senior leiersampte in verskeie munisipaliteite beklee, insluitend Midvaal, waar hy as departementshoof van ingenieurs- en tegniese dienste gedien het.”


“Met sy uitgebreide kundigheid in ingenieurswese, infrastruktuurontwikkeling en munisipale administrasie is Magodi goed toegerus om Midvaal se voortgesette groei en diensleweringsuitnemendheid aan te dryf.”

Intussen het die munisipaliteit Woensdag (26/3) 40 rolstoele en 80 stelle krukke geskenk aan persone met gestremdhede van dwarsoor die munisipale gebied.

Verlede jaar is deur dié projek, ingevolge die munisipaliteit se mensgerigte missie, 40 rolstoele en 20 stelle krukke geskenk.

Die munisipaliteit het 40 rolstoele en 80 pare krukke geskenk aan mense met gestremdhede. Foto verskaf

“As plaaslike regering erken ons die belangrikheid van ondersteuning aan ons inwoners, veral die mees kwesbares,” sê Satikhe. “Ons het ons verbind tot die benutting van ons hulpbronne om persone met gestremdhede te ondersteun en met hierdie skenking herbevestig ons daardie verbintenis.

Die munisipaliteit wil Midvaal steeds toegankliker maak en verseker dat elke inwoner, ongeag omstandighede, tuis voel, sê sy.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.