On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Tientalle pasiënte ontruim ná brand by Bloemfontein-hospitaal

───   ZENANDE MPAME 19:34 Sun, 07 Jul 2024

Tientalle pasiënte ontruim ná brand by Bloemfontein-hospitaal | News Article
Pasiënte word uit die Nasionale Distrikshospitaal ontruim.Foto: OFM

“Die presiese oorsaak van die brand word ondersoek.”

Altesame 83 pasiënte is na verskeie hospitale in Bloemfontein oorgeplaas nadat hulle Sondag (7/7) uit die Nasionale Distrikshospitaal ontruim moes word nadat ’n brand by die hospitaal uitgebreek het.

Daar word vermoed dat ’n sigaret moontlik bome buite die gebou laat vlamvat het. Die brand het omstreeks 15:20 begin en na die eerste en tweede verdieping van die hospitaal versprei.

“Pasiënte en personeel is vinnig ontruim. Niemand is dood of beseer weens die brand nie,” sê Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid.


Van die 83 pasiënte is 22 is na die Botshabelo-distrikshospitaal oorgeplaas en 50 is tydelik na die nuut opgeknapte Gateway-kliniek op die terrein verskuif voordat hulle na die Universitas- Akademiese Hospitaal, Pelonomi- Tersiêre Hospitaal en die sentrum van die Mangaung-Universiteit van die Oranje-Vrystaat Gemeenskapsvennootskapsprogram (MUCPP) verskuif sal word.

“Ons is dankbaar dat die Mangaung-metro se brand- en reddingsdienste en verskeie openbare en private nooddienste so vinnig reageer het om met die veilige ontruiming van die pasiënte te help.” 

’n Man wat sy oom in die hospitaal besoek het, sê hy was daar toe die brand ontstaan het. "Ons het paniekbevange geraak toe ons rook in die gange sien.

Daar word vermoed dat ’n sigaret moontlik bome buite die gebou laat vlam vat. Foto: Verskaf

“Mense was paniekerig en ons het begin om mense uit die sale te ontruim. Die brand het vanuit verskillende rigtings gekom.

“Die brand is verder deur die wind aangevuur. Ons kon daarin geslaag om ’n toegangsdeur te breek om uit te kom. Die brandweer het gehelp om die brand onder beheer te kry. Nou wag ons om te hoor waarheen ons familielede verplaas gaan word,” sê hy.

Volgens Mvambi was een lyk in die lykshuis voordat die brand begin het.

“Dit is uiters koud en ons pleit by almal in die Vrystaat om versigtig te wees met rook. Moenie rook in gebiede waar dit ’n brand kan veroorsaak nie. Daar is nou swaar winde en brande kan vinnig begin en versprei, so let asseblief op jou sosiale gewoontes.”

MaQueen Letsoha-Mathae, premier van die Vrystaat, het almal bedank wat hand bygesit het om te verseker dat alle dienste saamgewerk het om pasiënte tot veiligheid te bring en deurlopende sorg te verseker.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.