On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Honde-aanval: Slagoffer van Bloemfontein ter ruste gelê

───   HEIDRÈ MALGAS 10:34 Sat, 29 Jun 2024

Honde-aanval: Slagoffer van Bloemfontein ter ruste gelê | News Article
Haar baba, wat glo op haar rug vasgemaak was terwyl sy wasgoed opgehang het, het wonderbaarlik oorleef nadat sy ma deur honde aangeval is. Foto: iStock

Die vrou van Bloemfontein wat wreed aangeval is deur haar kêrel se honde, word Saterdag (29/6) ter ruste gelê.

Die vrou van Bloemfontein wat wreed aangeval is deur haar kêrel se honde word Saterdag (29/6) ter ruste gelê.

Nomathemba Kweleta (27) is Maandag (17/6) aangeval deur haar kêrel se Amerikaanse veghonde en ’n Rottweiler. 

“Beamptes op die toneel moes drie van die honde uitsit, terwyl die ander hond en haar ses kleintjies deur die plaaslike DBV na veiligheid geneem is. Die vrou is op die toneel deur paramedici dood verklaar,” sê Thabo Covane, polisiewoordvoerder.

Haar 42-jarige kêrel is later in hegtenis geneem, maar die klagte teen hom is Vrydag (21/6) teruggetrek omdat daar nie vooruitsigte was van ’n suksesvolle skuldigbevinding nie, volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

‘Geen vooruitsigte op suksesvolle vervolging nie’

“Vir ’n saak om suksesvol vervolg te word, moet daar ’n misdaad wees en bewyse hiervan. ’n Klag van strafbare manslag vereis dat die staat nalatigheid aan die kant van die beskuldigde moet bewys,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

“Ons evalueer of die staat ’n saak teen die beweerde beskuldigde het, van watter misdaad die beweerde oortreder aangekla kan word, en of die staat in staat sal wees om die saak te wen wanneer dit in die hof aangebied word,” sê Senokoatsane. “Daar is geen vooruitsigte op ’n suksesvolle vervolging in hierdie saak nie.”

Die man het Donderdag (20/6) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn ná sy inhegtenisneming.

Die nuwe Vrystaatse Premier, MaQueen Letsoha-Mathae, het simpatie betuig met Kweleta se familie en aangedui dat die aanval die debat oor sekere honderasse se veiligheid weer laat opvlam het. Sy het planne aangekondig om doeltreffende veiligheidsmaatreëls in te stel om sulke aanvalle in die toekoms te voorkom.

Wernich Botha, senior inspekteur by die Bloemfonteinse DBV, het gesê daar was sprake dat almal ’n lisensie vir ’n hond moet hê en dat dit in die munisipale bywette is maar nooit toegepas is nie. Hy sê daar is baie min mense wat lisensies vir honde het. 

Kweleta se begrafnis vind plaas by die Kagisanong Gemeenskapsaal in Rocklands, en sy sal ter ruste gelê word by Suidpark-begraafplaas.

OFM Nuus/Heidre Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.