On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Moordbeskuldigde van Noordwes-ouetehuis sterf in aanhouding

───   ZENANDE MPAME 15:41 Mon, 24 Jun 2024

Moordbeskuldigde van Noordwes-ouetehuis sterf in aanhouding | News Article
Moordbeskuldigde van Noordwes-ouetehuis sterf in aanhouding. Foto: Google Maps

“Ons kan nie die oorsaak of aard van sy dood bekend maak nie.”

Een van die bejaardes van ’n ouetehuis in Jerigo, buite Brits, het gesterf in aanhouding in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria.

Jeremiah Mmatli (75) en Daniel Madumo (92) sou na verwagting Dinsdag (25/6) in die Brits-landdroshof verskyn het vir ’n borgtogaansoek nadat hulle nie Vrydag (21/6) opgedaag het nie.

Mmatli is Donderdag (20/6) in die korrektiewe sentrum in Pretoria oorlede en Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het dit bevestig.

‘Ons kan die dood bevestig van Mmatli wat in hegtenis geneem is’

“Ek kan die afsterwe van Jeremiah Mmatli Donderdag (20/6) bevestig terwyl hy aangehou is in die Kgosi Mampuru II-gevangenis,” het Nxumalo gesê. “Ons kan nie die oorsaak of aard van sy dood bekend te maak nie.”

“Ons kan die dood bevestig van Mmatli wat in hegtenis geneem is omdat hy na bewering hul mede-inwoner, die 80-jarige Godfrey Motsepe, doodgeslaan het,” sê Sabata Mokgwabone, Noordwes-polisiewoordvoerder. “Alle navrae moet aan die departement van korrektiewe dienste gerig word.”

News24 berig die aanklaer het vroeër kommer uitgespreek oor of die beskuldigde na die ouetehuis sal terugkeer as hulle op borgtog vrygelaat word. Die beskuldigde se regshulpprokureur, Katlego Moagi, het egter gesê hul naasbetaandes het alternatiewe adresse verskaf waar hulle kan woon as borgtog toegestaan word.

Moordsaak teen bejaarde Noordwes-mans uitgestel nadat hulle nie opdaag

Die twees e versuim om Vrydag (21/6) vir die verhoor op te daag, was, blykbaar nie die eerste keer dat hulle weggebly het nie, al was hulle deurentyd in aanhouding. Hulle het weens hul gevorderde ouderdom in die hospitaalafdeling van die Kgosi Mampuru II-gevangenis gebly.

’n Bakleiery het vroegoggend op Donderdag 30 Mei tussen die verdagtes en die slagoffer ontstaan toe Motsepe ’n draai gaan loop het en met sy terugkeer in die twee beskuldigdes vasgeloop het. Hulle het Motsepe na bewering met hul krukke aangerand, wat toe kopbeserings opgedoen het.

Die verdagtes het beweer dat aangesien dit donker was hulle gedink het dit is ’n rower wat hul ouetehuis betree het.

Bejaarde mans wat glo moor, bly in aanhouding

“Die slagoffer is per ambulans hospitaal toe vervoer en by aankoms is hy dood verklaar. Tydens die bakleiery is die eienaar van die ouetehuis in kennis gestel en die polisie is na die toneel ontbied,” het Amanda Funani, Noordwes-polisiewoordvoerder, gesê.

“Die twee bejaarde mans is in hegtenis geneem en het hul eerste hofverskyning op Vrydag 7 Junie gemaak.”

News24 berig voorts toe die mans begin Junie hul eerste verskyning in die hof gemaak het, het hulle broos gelyk terwyl hulle gesukkel het om die beskuldigdebank binne te kom, elk met ’n enkele kruk.

Nadat hulle in die beskuldigdebank was, het Mmatli en Madumo, ná bystand van die hofordonnans, effens vooroor gestaan terwyl die staat die aanklagte gelees het.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.