On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Daniëlskuil-verkragter kry lewenslank

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:31 Fri, 14 Jun 2024

Daniëlskuil-verkragter kry lewenslank | News Article
Foto: iStock

“Die ma van die slagoffers het ’n vermoede gehad dat haar kinders verkrag is, maar was te bang vir die beskuldigde om op te tree.”

’n Man van Daniëlskuil is lewenslank tronk gestuur nadat hy sy twee minderjariges stiefkinders verkrag het. “Die beskuldigde is Maandag (10/6) in Postmasburg gevonnis nadat hy in 2018 sy twee stiefkinders verkrag het,” sê Omphile Masegela, polisiewoordvoerder. Hy is skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting.

“Geregtigheid het geseëvier vir die twee jong slagoffers in die streekhof in Postmasburg,” sê hy. “Die slagoffers wat ten tye van die voorval ses en sewe jaar oud was, het tydens ’n besoek aan hul tante vertel dat hy hul opdrag gegee het om by hom in die bed te slaap. Hy het hulle toe verkrag.”

Die kinders se ma het vermoed dat hulle verkrag is, maar was te bang vir die beskuldigde om op te tree. ’n Saak is op 19 Oktober 2018 by die polisie in Daniëlskuil aangemeld en die beskuldigde is enkele dae later op Groblershoop in hegtenis geneem.

‘Hy is op 30 September 2020 in hegtenis geneem’

“Die beskuldigde is op borgtog vrygelaat, maar het versuim om weer in die hof te verskyn. ’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en hy is op 30 September 2020 in hegtenis geneem,” sê Masegela.

Die beskuldigde was sedertdien in aanhouding. Hy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy naam is in die nasionale register vir seksoortreders aangeteken.

Koliswa Otola, Noord-Kaapse polisiekommissaris, het sers. Gaolatlhwe Mongake van die Postmasburg se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geloof vir die noukeurige ondersoek.

Otola sê die polisie in die Noord-Kaap sal die veiligheid van kinders en kwesbare groepe prioritiseer om te verseker dat oortreders in die hof verskyn en dat slagoffers van geslagsgeweld die geregtigheid kry wat hulle verdien.

OFM Nuus dg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.