On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bejaarde mans wat glo moor, bly in aanhouding

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:38 Sat, 08 Jun 2024

Bejaarde mans wat glo moor, bly in aanhouding | News Article
Foto iStock

“Een van die verdagtes het toe glo die slagoffer met sy krukke begin slaan, waarna die ander verdagte toe (na bewering) ook die bejaarde man aangerand het.”

Die twee bejaardes wat van moord aangekla word ná ’n wrede voorval naby Brits in Noordwes, moet weer Vrydag (14/6) in die hof verskyn.

Die verdagtes het reeds Maandag (3/6) hul eerste hofverskyning gemaak, maar dit is uitgestel vir verdere ondersoek. Wanneer hulle Vrydag in die Brits-landdroshof voorkom, sal hulle na verwagting om borgtog aansoek doen.

Jeremiah Mmatli (75) en Daniel Madumo (92) het Vrydag (7/6) in Brits se landdroshof voorgekom op aanklag van die moord op Godfrey Thema Motsepe (80). Al drie het in dieselfde tehuis vir bejaardes gewoon.

Foto: iStock

“Na bewering het ’n bakleiery omstreeks 04:00 tussen die verdagtes en slagoffer ontstaan ná ’n woordewisseling. Die verdagtes was glo op pad badkamer toe, toe die slagoffer, wat net uit die badkamer gekom het, glo een van die verdagtes gestamp het.

“Een van die verdagtes het toe glo die slagoffer met sy krukke begin slaan, waarna die ander verdagte toe (na bewering) ook die bejaarde man aangerand het,” sê Funani.

Die eienaar van die ouetehuis is in kennis gestel, waarna die polisie ontbied is. Die rede vir die woordewisseling is nie bekend nie. Die slagoffer, wat kopbeserings opgedoen het, is per ambulans na die hospitaal geneem, maar is met sy aankoms dood verklaar.

Foto: iStock

Hy is uiters geskok oor die voorval en oor die vlak van onverdraagsaamheid en gewelddadige gedrag onder die kwesbaarstes in ons samelewing, sê past. Lesiba Kgwele, sameroeper van die Moral Regeneration Movement. “Die persone by die instelling is veronderstel om veilig te wees.”

Hy het bygevoeg dat, hoewel hulle vol vertroue is dat die wet sy verloop sal neem, hulle wetstoepaasers versoek by tot die bodem van die saak te kom en te verseker dat berading en psigososiale ondersteuningsdienste aan die res van die inwoners by die ouetehuis en die personeel gebied word.

“Die familie van die oorledene sal sluiting vind met die wete dat geregtigheid geskied het, dat daar volle aanspreeklikheid was en dat die instelling alles gedoen het om die veiligheid van hul geliefde te beskerm,” sê Kgwele.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.