On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Toenemende spanning rondom moontlike koalisies

───   ROBYN SCHUTTE 07:43 Thu, 09 May 2024

Toenemende spanning rondom moontlike koalisies | News Article
Die moontlikheid van ’n koalisieregering of die uitsluiting van organisasies soos MK van verkiesings kan, volgens Burgess, verdere onstabiliteit veroorsaak. FOTO: iStock

“Tydens die SA Stamboek IQ Elite Seminaar, het mederedakteur van die Vrye Weekblad, Anneliese Burgess, gewys op ’n patroon van politieke protes in Suid-Afrika, wat dikwels gepaard gaan met gewelddadige optrede in plaas van vreedsame samekoms.”

Tydens die SA Stamboek IQ Elite Seminaar met die tema “Veerkragtige Veeproduksie in ’n Veranderende Wêreld” wat onlangs in Bloemfontein aangebied is, het mederedakteur van Vrye Weekblad, Anneliese Burgess, tydens ’n paneelbespreking gefasiliteer deur Prof. Piet Croucamp van die Noordwes Besigheidsskool, kommer uitgespreek oor die moontlikheid van politieke onstabiliteit in Suid-Afrika indien ’n koalisieparty aan bewind sou kom.

Burgess het gewys op ’n patroon van politieke protes in Suid-Afrika, wat dikwels gepaard gaan met gewelddadige optrede in plaas van vreedsame samekoms. Sy het die gebeure van Julie 2021 as ’n voorbeeld gebruik en beklemtoon dat soortgelyke opvlamming van onrus weer kan voorkom.

Die moontlikheid van ’n koalisieregering of die uitsluiting van organisasies soos MK van verkiesings kan, volgens Burgess, verdere onstabiliteit veroorsaak. Sy het spesifiek gewys op die retoriek van sulke partye, wat dikwels die grondwet en wetstoepassing bevraagteken, as ’n bron van kommer.

Burgess het verder gewaarsku dat die afname in ondersteuning vir die regerende party nie noodwendig ’n toename in steun vir die opposisie beteken nie. Dit weerspieël ’n algehele gebrek aan vertroue in die politieke stelsel as geheel.

Die gesprek het bygedra tot ’n beter begrip rakende die uitdagings wat die Suid-Afrikaanse politieke landskap in die gesig staar, en die noodsaaklikheid van veerkragtigheid en ’n beter politieke alternatief vir die toekoms.

OFM/Robyn Schutte mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.