On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bloemskou 2024 een van die bestes nóg – FOTOGALERY

───   14:50 Wed, 08 May 2024

Bloemskou 2024 een van die bestes nóg – FOTOGALERY | News Article
Daar was ’n oorvloed van komplimente oor die puik platform, gees en bemarkingsgeleenthede. Foto: Facebook/Bloemskou

“Die program het een openbare vakansiedag minder gehad as in 2023 omdat Menseregtedag op ’n Saterdag geval het. Dit het steeds gelei tot ’n toename van 17,65% in bywoning met ’n totaal van 126 427 besoekers.”

Bloemskou 2024, wat op 25 April begin het en Saterdag (4/5) met groot sukses afgesluit is, het weer bewys hoekom dit een van die gewildste en grootste tentoonstellings in Suid-Afrika is.


Vanjaar se uitstekende herfsweer het bygedra tot die hoogste bywoningsyfers sedert 2012, ’n rekordgetal vee en uitstallings en vermaak van uitstekende gehalte, wat ’n groot finansiële en ekonomiese inspuiting vir die stad en streek beteken.

“Dit sou nie moontlik gewees het sonder die bydrae van honderde rolspelers, uitstallers, telers, borge en besoekers nie,” sê Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof.

“Die program het een openbare vakansiedag minder gehad as in 2023 omdat Menseregtedag op ’n Saterdag geval het. Dit het steeds gelei tot ’n toename van 17,65% in bywoning of altesaam 126 427 besoekers.”


Komplimente en goeie terugvoering is ontvang vir die verskeidenheid, kwaliteit en toevoeging van verskeie nuwe uitstallings op vanjaar se Bloemskou, sê Prinsloo. Ondanks druk op verbruikers en ondernemings weens die ekonomiese klimaat was daar vanjaar 330 uitstallers en 58 kosstalletjies.

“Ons het vanjaar 2 342 inskrywings in die kreatiewe handwerk en kunsafdeling ontvang, tans die grootste in sy soort in Suid-Afrika. Dit is ’n styging van 13,3%. Dit is veral aangenaam om te sien hoeveel inskrywings daar van skole en kinders was en hoe ongelooflik trots hulle is om hul artikels by die Bloemskou te vertoon.

Daar was ook ’n toename van 10,7% in suiwelprodukinskrywings, wat altesaam 321 inskrywings ontvang het van verskeie suiwelfabrieke in Suid-Afrika.

“Vanjaar se landbouprogram was stampvol.” Hulle het “’n oorvloed van komplimente oor die puik platform, gees en bemarkingsgeleenthede wat Bloemskou aan veestoetery bied“, ontvang. Die program bied 21 kampioenskappe met 5 600 deelnemende perde, beeste en skape – ’n rekordjaar in die veebedryf.

Bloemskou het in 2023 sy bestaan van 140 jaar gevier:


“Ons bedank elke besoeker, uitstaller, diensverskaffer, borg en die media vir die ongelooflike ondersteuning en bydrae tot die sukses van Bloemskou 2024 wat weereens gehelp het met ’n groot ekonomiese hupstoot vir Bloemfontein en die Vrystaat! 

“Wat ’n voorreg om hoop en glimlagte aan so baie mense te gee. Sien julle almal by Bloemskou 2025!”

OFM Nuus mc

Sien fotogalery:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.