On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Gevaarlike noodlanding op Tempe ná probleme met vliegtuig se wiele

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:29 Mon, 06 May 2024

Gevaarlike noodlanding op Tempe ná probleme met vliegtuig se wiele  | News Article
’n Vlieënier moes Sondagmiddag ’n noodlandig uitvoer. Foto verskaf

“Die vliegtuig het in ’n grasgebied agter ’n wal geland en met een vlerk omhoog tot stilstand gekom.”

’n Drama het in Bloemfontein afgespeel toe ’n vliegtuig, wat probleme met sy agterste landingswiele ondervind het, ’n riskante landing moes uitvoer.

Die vlieënier van die Cessna 210 met twee mans, ’n vrou en ’n foksterriër aan boord het Sondagmiddag (5/5) probleme met die landingstoerusting ervaar terwyl hy in Welkom probeer land het. Hy kon nie die problem self oplos nie, waarna hy Stanley Schimper, ’n vliegtuigkenner, per radio gekontak het.

“Ek het die vlieënier aanbeveel om eerder na Bloemfontein te vlieg en ’n noodlanding hier te kom doen,” sê Schimpfer.

Die polisie, nooddienste van VRMED, die Mangaung-metro se brandweer en ambulanse is as voorsorgmaatreël ontplooi. Die vliegtuig  het geruime tyd bo die lughawe gesirkel om brandstof op te gebruik, sê Schimper.

Die vliegtuig moes ’n geruime tyd bo die lughawe sirkel. Foto verskaf

Al uitweg was egter om die vlieënier opdrag te gee om wel te land. Die vliegtuig het op die aanloopbaan geland en met een vlerk omhoog tot stilstand gekom. Al die insittendes is ongedeerd, die foksterriër inkluis.

’n Ingeligte bron, wat ten tyde van die voorval op die lughawe was en verkies om anoniem te bly, sê die voorval is niks ongewoons nie. “Dit is nie die eerste of die laaste keer dat so iets sal gebeur nie. Dit is duidelik dat daar fout was met die hidrouliese stelsel en dit is algemeen dat so iets gebeur.”

‘Die vlieënier het die situasie goed hanteer’

Hy verduidelik net soos ’n motor wat probleme ervaar en langs die pad stilhou, moet ’n vliegtuig land en grond toe kom as daar ’n probleem is.

Die bron, wat die hele noodlanding oor die radio kon hoor, sê die vlieënier het die situasie goed hanteer. “Hy was heeltyd kalm en het presies gedoen wat daar vir hom gesê is. Hy het nie een keer gestres voorgekom nie.”

Schimper sê die oorsaak van die probleem word ondersoek.

OFM Nuus/Charné van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.