On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Mans van Postmasburg vas oor dwelms, gesteelde weermaguniforms

───   08:38 Sun, 05 May 2024

Mans van Postmasburg vas oor dwelms, gesteelde weermaguniforms | News Article
Die polisie het vermoedelik gesteelde weermaguniforms tydens 'n klopjag gevind. Foto: SAPD

Nege mans is in Postmasburg in hegtenis geneem nadat hulle met onwettige dwelms, ammunisie en vermoedelik gesteelde weermaguniforms in hul besit betrap is.

Lede van die polisie se Operasie Vala Umgodi in die Noord-Kaap het inligting bekom oor beweerde dwelmaktiwiteite wat in Postmasburg plaasvind en dit opgevolg.

Volgens sers. Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, is klopjagte Vrydagaand (3/5) op dwelmhuise uitgevoer.

Foto: SAPD

“Tydens die klopjagte is nege manlike verdagtes tussen 20 en 48 jaar in hegtenis geneem  vir die onwettige besit van dwelms met 'n geraamde straatwaarde van R22 000, die besit van ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.”

Die polisie het ook beslag gelê op kontant, selfone, vermoedelik gesteelde uniforms van die Suid-Afrikaanse Weermag, ammunisie en gaspistole.

Foto's: SAPD

Die verdagtes sal binnekort in die Postmasburg-landdroshof verskyn.

Die provinsiale kommissaris lt.-genl. Koliswa Otola het die span geloof vir hul optrede en inwoners aangemoedig om voort te gaan om onwettige aktiwiteite by die polisie aan te meld.

OFM Nuus cvdw

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.