On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Moordverdagte week ná vrylating vir huisbraak aangekeer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:44 Wed, 01 May 2024

Moordverdagte week ná vrylating vir huisbraak aangekeer | News Article
Foto iStock

"Presies ‘n week ná sy vrylating, is hy vir huisbraak deur Upington se polisiekantoor vasgetrek.

’n Man van Upington wat Dinsdag (23/4) vir die moord op ‘n inwoner van Rosedale in hegtenis geneem en toe vrygelaat is, is ‘n week later weer aangekeer. Hy het na bewering vir Franchick Franklyn Beukes (37)  met ‘n mes doodgesteek.

Die verdagte (32) het Vrydag (25/4) in die landdroshof verskyn, maar is weens regtegniese redes vrygelaat, sê Omphile Masegela, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

 ‘n Week ná sy vrylating, is hy vir huisbraak deur die polisie in Upington vasgetrek. Masegela sê die man kan met verskeie ander huisbrake verbind word.

Die veiligheidsmaatskappy Rhino Security het hom probeer vastrek nadat hy by ‘n huis in Keidebee ingebreek het. Beukes het die man agterna gesit, maar hy het hom met ’n mes in die keel gesteek. Beukes is op die toneel dood verklaar.

“Kragtens die Strafproseswet moet ’n verdagte binne 48 uur ná sy inhegtenisneming in die hof verskyn. Indien dit nie gebeur nie kan hy nie wettig voor die hof gebring word nie en sal sy aanhouding ook onwettig wees,”  sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Hy sal na verwagting Donderdag (2/5) op aanklag van huisbraak en diefstal in die landdroshof in Upington verskyn. 

‘Die oorledene is van R15 en ’n brood beroof’

Dit is nie die eerste keer wat iemand in die omgewing met ’n mes doodgesteek word nie. In Augustus 2021 is ’n man se liggaam naby die Jurgenskamp in Rosedale met ’n steekwond in sy nek gevind. Rumaco de Koker en Mpambaniso Sibabalo is twee dae later in hegtenis geneem. Hulle het in die hof verskyn op aanklag van moord en roof. 

Die beskuldigdes het die oorledene van R15 en ’n brood beroof. Albei is tien jaar tronk toe gestuur vir roof. De Koker het ook 22 jaar tronkstraf gekry vir die moord. Sy vonnis word samelopend uitgedien. 

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.