On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie kry wapens, ammunisie in Kuruman-huis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:27 Sat, 20 Apr 2024

Noord-Kaapse polisie kry wapens, ammunisie in Kuruman-huis | News Article
Die polisie het ook pangas en messe op die perseel gekry. Foto verskaf

Lede van die SAPD is deur die provinsiale polisiekommissaris vir die Noord-Kaap geloof vir hul vinnige reaksie.

Twee mans sal Maandag (22/4) in die Kuruman-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn nadat hulle vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem is.

Lede van die John Taolo Gaetsewe-hoofwegpatrollie, saam met die Openbare Orde Polisie, K9-eenheid, Kuruman Sigbare Polisiëring en speurders het Vrydag (19/4) inligting opgevolg en op ’n huis in Kuruman toegeslaan.

Daar is ook ammunisie op die perseel gekry. Foto verskaf

Die polisie het vier vuurwapens, ammunisie, asook pangas en messe op die perseel gekry, sê lt.kol. Sergio Kock.

Die twee mans, onderskeidelik 29 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem en van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en gevaarlike wapens aangekla.

Die verdagtes is in hegtenis geneem weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Foto verskaf

Die verdagtes sal na verwagting in die Kuruman-landdroshof verskyn, terwyl die ondersoek voortduur.

Lede van die SAPD is deur lt.genl. Koliswa Otola, die provinsiale kommissaris vir die Noord-Kaap, geloof vir hul vinnige reaksie.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.