Central SA
John Block kry parool ná 7 jaar in tronk─── 14:59 Fri, 10 Nov 2023

John Block is ingevolge presidensiële kwytskelding onder paroolvoorwaardes vrygelaat.
“JB is out” was die vreugdekrete op sosiale media van ondersteuners van John Block, wat Vrydag (10/11) op parool vrygelaat is. Volgens ‘n bron is Block by sy ma se huis op Upington waar sy familie, vriende en ondersteuners byeen gekom het.
Die Departement van Korrektiewe Dienste het Vrydagmiddag in ‘n mediaverklaring bevestig die gewese Noord-Kaapse ANC-leiersfiguur en LUR het parool gekry nadat hy in 2016 weens korrupsie met staatshuurkontrakte 15 jaar tronkstraf opgelê is.
John Block in hof op nuwe aanklagte van bedrog https://t.co/kXwb4UlI85
— charne kemp (@charnekemp) May 30, 2023
Hy is ingevolge presidensiële kwytskelding onder paroolvoorwaardes vrygelaat en onder korrektiewe toesig geplaas totdat sy vonnis op 26 Junie 2029 uitgedien is. Singabakho Nxumalo, departementele woordvoerder, sê Block het programme in die tronk voltooi en ’n diploma in sakebestuur verwerf.
Die departement se nasionale en provinsiale kommissarisse moes Vrydagmiddag antwoorde by die hof indien oor hoekom die departement nié, ingevolge ‘n hofbevel wat in September uitgereik is, Block se mislukte paroolaansoek hersien het nie.
John Block has been placed on parole. pic.twitter.com/NViLAL8BPk
— Scapegoat (@AndiMakinana) November 10, 2023
Block het Donderdag (9/11) virtueel in Kimberley voor die paroolraad verskyn. Hy was in die Diamantstad as getuie in die siviele eis teen hom waarin oudregterpresident Frans Kgomo gesamentlik R7,5 miljoen van Block se twee prokureurs eis weens lasterlike bewerings wat in Block se strafsaak in 2016 gemaak is.
Block se paroolaansoek vroeër vanjaar waarin hy aanvoer hy is ingevolge ‘n presidensiële kwytskelding geregtig op parool, is afgekeur. Nadat sy appèl daarteen misluk het, het hy die hof genader. In die gevolglike bevel moes die departement en paroolraad sy aansoek heroorweeg.
Dit het nie gebeur nie, en ‘n bestraffende kostebevel teen die departement is uitgereik waarin hulle teen 10 November moes verduidelik watter stappe hulle in die hersiende paroolaansoek gedoen het.
OFM News/Charné Kemp Corné/Daphné/Morné