On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Oscar
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein DBV benodig hulp om diere te red

───   HEIDRÈ MALGAS 16:17 Tue, 05 Sep 2023

Bloemfontein DBV benodig hulp om diere te red | News Article
Die perd is ernstige brandwonde opgedoen. Foto verskaf

Die DBV moes vandag sewe perde, 12 beeste en nege skape van kant maak.

Die Bloemfontein DBV is nog besig om diere te red ná die onlangse veldbrande in die Thaba Nchu-omgewing, Verkeerdevlei en Excelsior.

“Van die perde se oë is toegeswel en hulle is byna blind. Hulle hoewe het ook skade opgedoen en hulle het ernstige brandwonde op hul maag opgedoen.”  

Die perde moes van kant gemaak word omdat hulle te veel gely het.

Die perde se oë is toegeswel en hulle was byna blind. Foto verskaf

“Die ramp het sy tol geëis op ons inspekteurs. Hulle is moeg weens die lang ure en die lyding wat hulle die afgelope twee weke moes aanskou.”

Die DBV moes vandag sewe perde, 12 beeste en nege skape van kant maak. Die koste is baie hoog en die Bloemfonteinse DBV vra die publiek om hulp. “As iemand water aan ons inspekteurs wil skenk kan dit by ons kantoor afgelaai word. Bydraes vir ons brandstofuitgawes kan direk in ons bankrekening gedoen word.”

Vir meer inligting besoek www.bloemfonteinspca.co.za of bel bel 051-447-3801.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.