Central SA
Vermiste Sand du Plessis-matrikulant terug by die huis─── ZENANDE MPAME 14:53 Fri, 18 Aug 2023
Die gr. 12-leerder is veilig by haar ouma se huis nadat sy byna vier weke lank vermis was.
Sade Steenbok het Maandag (14/8) omstreeks 17:00 by haar ouma se huis in Bloemfontein aangekom en dit is waar sy op die oomblik bly. Daar word beweer dat Sade na Johannesburg was om haar kop skoon te kry, maar die rede daarvoor is nog onbekend.
Sade Steenbok is terug in Bloemfontein by haar ouma se huis. Foto: Verskaf
“Ek wil net vir almal bedank wat gehelp het om na my te soek, ek is volgende week terug by die skool,” sê Sade. Sy het verlede week die eerste keer met haar familie op Instagram kontak gemaak toe sy vir haar niggie 'n boodskap gestuur het.
Haar ma, Lorraine, het vroeër aan OFM Nuus gesê hulle het oor alles gepraat en sy sal nie sommer weggaan sonder om haar te vertel nie.
OFM Nuus/ Zenande Mpame