On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Studie sal bepaal hoe blomme in Noord-Kaap reageer op vloed

───   HEIDRÈ MALGAS 14:51 Fri, 14 Jul 2023

Studie sal bepaal hoe blomme in Noord-Kaap reageer op vloed | News Article

Dit is nog onseker hoe die blomme in die Noord-Kaap geraak is ná die vloed.

SANParke se woordvoerder in die Noord-Kaap, Genevieve Maasdorp, sê die vloed kan negatief of positief wees.  Die veldopnames wat in die blomseisoen geneem word, sal die invloed op biodiversiteit bepaal.

Sy sê die veld het goed op die reën gereageer, maar dit het min invloed op die verandering van die blomtydperk omdat dit nog buite seisoen is. Blomme soos die Oxalis-spesies (suring) het wel vroeër begin blom.

Namakwalandse blommeprag.

“Velddata is egter nodig om te bepaal hoe die vloed die blomme in die toekoms gaan beïnvloed,” sê Maasdorp. ’n Vloed is onvoorspelbaar, wat dit moeilik maak om die omvang daarvan te voorspel.

“Ons blomsoorte is baie goed aangepas vir veranderinge en menslike ingryping word dus minimaal benodig. Die tipe blomsoort en die tydperk van die vloed sal bepaal of die plant blom of nie. Ons het geen bewyse van plante wat nie geblom het ná ‘n vloed nie,” sê sy. Die vloed help wel met saadverspreiding omdat die bogrond verskuif word.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.