Central SA
Maak ’n draai by Upington se landbouskou─── HEIDRÈ MALGAS 11:14 Fri, 05 May 2023
Die jaarlikse Upington-landbouskou, wat gister (04/05) begin het, lok weer besoekers van heinde en ver.
Die jaarlikse Upington-landbouskou wat gister (04/05) begin het, lok weer besoekers van heinde en ver.
Talle top-kunstenaars uit alle uithoeke van Suid- Afrika tree vanjaar op, onder wie Jo Black, Samantha Leonard, Dodo, KrisJan, Hennie en die Kitaarkêrels, Michael Lindt, Marulaboom, Bernice West en Die Heuwels Fantasties.
Vir die honger mae is daar talle stalletjies met heerlike kos en bederfies wat jou in die versoeking gaan lei.
Die stalletjies bied alles van handwerk en snuisterye tot skoonheidsprodukte en lekkergoed. Foto: Verskaf
Die skou maak ook voorsiening vir kinders, met ? pretpark en ‘n jeugskou vir toekomstige boere en boervroue waar hulle oor meer oor boerdery te wete kan kom.
Kom woon die kleinvee- en beesuitstallings by en besoek die plaaswerf.
Die skou vind plaas op die Upington-skouterrein en duur nog tot Saterdag 6 Mei.
OFM-nuus/Heidrè Malgas