On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners, boere langs rivieroewers gewaarsku – VIDEO

───   08:50 Thu, 23 Feb 2023

Inwoners, boere langs rivieroewers gewaarsku – VIDEO | News Article
PHOTO: Twitter

Die Departement van Water en Sanitasie waarsku dat meer water in die Benede-Oranjerivier en riviere laer af van die Vaaldam verwag word nadat dié dam, ondanks 12 oop sluise, 116,7% vol is.

Die Departement van Water en Sanitasie maan inwoners wat op die oewers van die Vaalrivier en Oranjerivier woonagtig of werksaam is, om dit te oorweeg om weens veiligheidsredes na hoërliggende gebiede te beweeg, namate die watervlakke steeds toeneem en die invloei van water in die Vaalrivier Woensdag steeds sowat 3 800 kubieke meter per sekonde beloop het. 


Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die dam het intussen 'n waterkapasiteit van 119% persent, wat kommerwekkend is. 


Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die dam het intussen 'n waterkapasiteit van 119% persent, wat kommerwekkend is. 

Die waarnemende direkteur-generaal vir die departement, Leonard Marius, het volgens Mavasa sy kommer uitgespreek oor die huidige stand van sake en gesê die watervlakke van die Vaalrivier sal moet verlaag vir toestande om te verbeter. 

Die departement het die uitvloei van water vanuit die Bloemhofdam reeds met 3 800 kubieke meter per sekonde verhoog, aangesien die watervlakke steeds toeneem en die riviere stroomaf in die Vaal- en Oranjerivier reeds hul walle oorstroom het. Mavasa sê die verwagting is dat met die voortslepende reën in die somerreënvalstreek, die vlak van die Vaaldam tot 120% kan toeneem. 

Ses sluise van die Bloemhofdam is tans oop en 'n daling van 1,7% in die damvlak is tot dusver aangemeld, met 'n uitlaat van 3 200 kubieke meter per sekonde. 

Sy sê die Douglas-stoorwal is 154,1% vol terwyl die Marksdrift in die Oranjerivier voor samevloeiing teen 1 350 kubieke meter per sekonde gevloei het. Die samevloeiing van die Oranjerivierstelsel is op 2 965 kubieke meter per sekonde met die Gariepdam op 112,3% en die Vanderkloofdam op 108,9%. Altesaam 904 boere en watergebruikers langs die Vaal- en Oranjerivier is reeds gewaarsku teen infrastruktuur-skade en grootskaalse oorstromings. 

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.