On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

McGregor-museum in Kimberley vier 115 jaar

───   HEIDRÈ MALGAS 15:06 Thu, 22 Sep 2022

McGregor-museum in Kimberley vier 115 jaar | News Article
PHOTO: SAvenues.com

Die McGregor-museum in Kimberley in die Noord-Kaap vier hierdie Saterdag die museum se 115de verjaardag - op Erfenisdag.

Kurator van die museum, Sunet Swanepoel, sê dat die museum amptelik op 24 September 1907 sy deure vir die heel eerste keer geopen het.

“Ons vier Saterdag die museum se 115de bestaansjaar, dit is ook ‘n welkome toeval dat 24 September ook die dag is wat Erfenisdag in Suid-Afrika gevier word,” het Swanepoel gesê.

Swanepoel sê om die geleentheid te vier, bied die museum gratis toegang aan almal wat dit Saterdag in Atlasstraat, Kimberley, tussen 09:00 die oggend en 16:00 die middag wil besoek.

“Die McGregor Museum het in die middestad van Kimberley in Chapelstraat begin, en is opgerig danksy ‘n skenking van Magaret McGregor, ter ere van haar man, Alexander, ‘n voormalige burgemeester in Kimberley,” vertel Swanepoel.


Sy vertel verder dat in 1973, het die museum sy personeel en versamellings na ‘n pragtige Victoriaanse gebou in Atlasstraat geskuif.

“Ons uitstallings weerspieël die veranderinge van ons tyd. Uitstallings van die natuurlewe van die Noord-Kaap  is te sien, wat bekendstaan as die Envirozone, en in die Ancestors Gallery word die menslike geskiedenis van die laaste 3 miljoen jaar uitgebeeld,” sê Swanepoel.

Sy vertel in die ‘Front Tire Gallery’ word die meer moderne gekiedenis van die Noord-Kaap vertoon.

“Ons ‘Journey to democracy’ uitstalling beeld die verloop van die Vryheidstryd van ons provinsie uit en ander uitstallings sluit in die beleg en ontsetting van Kimberley, die geskiedenis van die kloosterskool, die Kimberley-regiment en die Noord-Kaapse bydrae tot die Eerste Wêreldoorlog,” vertel sy verder.

Sy moedig mense aan om die museum Saterdag te kom besoek, waar hulle meer kan leer en ervaar van Kimberley se ryk erfenis. Toegang tussen 09:00-16:00 is verniet.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.