Central SA
LUR besoek NK-streek weens smokkelary van bedreigde spesies─── 15:33 Mon, 06 Dec 2021

Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, Mase Manopole, besoek Namakwaland, waar ’n toename in die smokkelary van bedreigde spesies gevaar inhou vir die biodiversiteit van die streek.
Die besoek wil bewustheid bevorder en word ondersteun deur Sanparke en die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies.
Zandisile Luphahla, die departement se woordvoerder, sê onwettige aktiwiteite gaan dikwels met georganiseerde misdaad gepaard. Hy voeg by die toename in die stroping van plant- en dierspesies wek kommer, en moet dringend aandag kry.
Die LUR besoek Garies, Kammieskroon en Steinkopf, vergesel van belanghebbendes en amptenare van die departement van bosbou en visserye.