On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

#BreakingNews: Klerksdorp-sakeman koelbloedig vermoor

───   17:47 Mon, 11 Nov 2019

#BreakingNews: Klerksdorp-sakeman koelbloedig vermoor | News Article

‘n Bekende sakeman in Klerksdorp in Noordwes, wie se naam aan OFM-nuus bekend is, is in die vertoonlokaal van die motorhandelaar waar hy werksaam was, doodgeskiet.


Polisiewoordvoerder, Aafje Botma, het aan OFM-nuus bevestig dat die voorval tussen 14:00 en 15:00 vanmiddag plaasgevind het. Botma sê die polisie ondersoek 'n klag van moord en twee van poging tot moord, wat twee ander mense glo in 'n kritieke toestand gelaat het.

Botma sê ‘n onderonsie waarin ‘n 37-jarige verdagte betrokke was, het tot die beweerde skietvoorval en die dood van die slagoffer gelei. Die verdagte het homself later aan die polisie oorhandig.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.