On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

NWKV: Regulasies oor woluitvoer en skeer van skape gee hoop vir bedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:14 Mon, 20 Apr 2020

NWKV: Regulasies oor woluitvoer en skeer van skape gee hoop vir bedryf  | News Article
FOTO: NWKV

Daar heers in die stadium positiwiteit in die plaaslike wolbedryf, maar daar is ook bestaande onsekerheid oor wat die toekoms, veral ten opsigte van die korona-virussiekte, inhou.


Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, sê daar is positiewe aspekte met betrekking tot Covid-19-regulasies, wat hoop vir dié bedryf gee. Dit sluit in die skeer van skape op plase wat nou tydens die nasionale grendeltydperk toegelaat word, en regulasies, wat toelaat dat wol uitgevoer kan word.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Wol word nie beskou as ‘n noodsaaklike produk tydens die nasionale inperking nie, maar die skeer van skape word toegelaat in 'n poging om te verhoed dat 'n primêre landbouproduk verlore gaan.  Hy sê produsente word toegelaat om daarmee voort te gaan, in 'n poging om moontlike verliese, wat gelei sou word, te voorkom.  Hy sê wol is gelukkig deel van die lewende hawe waardeketting, waar vleis en lam ook ‘n voedselproduk is en daarom kan  boere in noodgevalle van skeerders se dienste gebruik maak. 

Wol kan ook uitgevoer word. Dit sluit wol in pakhuise in, wat voor die inperkingstydperk op die nasionale veiling, verkoop is. Hy sê die bedryf is positief sodra die grendeltyd opgehef word, gaan  daar met die nasionale wolveiling voortgegaan kan word.  

Met die uitvoer van wol wat nou toegelaat word, is dit positief in dié stadium vir die bedryf dat dit  teen 'n "redelike prys" teenoor wol van Australië verkoop.  

Daarmee saam gaan fabrieke in China, na waar 'n groot hoeveel Suid-Afrikaanse rouwol uitgevoer word, voort met verwerking, sê De Beer.  

Daar is egter onsekerheid oor die latere impak van die Covid-19-pandemie op die prys van wol, omdat die wêreldekonomie in 'n resessie gedompel is en die koopkrag van verbruikers kan afneem, met minder produkte wat aangekoop word. Hy glo wel,  wol is  ‘n natuurlike produk, wat in ‘n natuurlike omgewing geproduseer word, en daarom sal dit ‘n produk wees wat altyd oor 'n mark sal beskik.  

Dit is egter belangrik dat daar met produksie voortgegaan word. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.