On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Trane rol van dankbaarheid oor VS landbouvereniging se Kersfeesskenking

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:23 Mon, 02 Dec 2019

Trane rol van dankbaarheid oor VS landbouvereniging se Kersfeesskenking | News Article
FOTO: Verskaf

Daar was groot dankbaarheid onder behoeftige leerlinge van ‘n hoërskool in Brandfort in die Vrystaat, nadat ‘n plaaslike landbouvereniging hulle Feesseisoen ekstra spesiaal gemaak het.


Kospakkies is aan dié leerlinge en hul gesinne uitgedeel. Daarmee saam kan dié gesinne ook voor Kersdag vleis by ‘n plaaslike slaghuis gaan afhaal.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die voorsitter van die Karee-landbouvereniging, Willie Maas jnr., gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit is vanjaar die derde jaar agtereenvolgens dat dié kospakkies met nie-bederfbare produkte en lekkernye, asook sanitêre ware, aan sowat 40 leerlinge van die Hoërskool Staatspresident Swart en hul gesinne uitgedeel is. Maas sê dié inisiatief spruit voort uit 'n bestaande kosprojek by dié skool waar etes Vrydae aan leerlinge deur dié landbouvereniging by die skool verskaf word. Dié leerlinge kry weekliks kos by dié skool se koshuis, maar nie Vrydae nie.  

Maas sê dit is vir lede van dié landbouvereniging asook ander weldoeners lekker om terug te ploeg in die gemeenskap, omdat gemeenskappe afhanklik is van mekaar.

Hy sê van die kleiner leerlinge wat die geskenkpakkies ontvang het, was nie suinig om drukkies uit te deel nie, terwyl van die kinders se ouers nie hul trane van dankbaarheid kon terughou nie.

Dit was Willie Maas jnr., voorsitter van die Karee-landbouvereniging slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.