On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri Noord-Kaap se nuutverkose president wil provinsie se ekonomie laat groei

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:03 Tue, 04 Sep 2018

Agri Noord-Kaap se nuutverkose president wil provinsie se ekonomie laat groei  | News Article

Ekonomiese vooruitgang in die Noord-Kaap is een van die doelwitte wat Agri Noord-Kaap se nuutverkose president, Nicol Jansen, en sy span wil bereik.


Doeltreffende deelname aan die grondhervormingsproses en goeie samewerking met verskeie regeringsdepartemente is verdere doelwitte.

Jansen, wat die visepresident van Agri Noord-Kaap was, is verlede week op dié landbouvereniging se jaarkongres in Kimberley tot president verkies.

Hy vul wyle Henk van Wyk se skoene. Van Wyk is verlede maand op sy plaas in die Calvinia-distrik vermoedelik aan ‘n hartaanval dood. OFM nuus se  Christal-Lize Muller het dié kongres bygewoon en met Jansen gepraat…

Dit was Nicol Jansen, nuutverkose president van Agri Noord-Kaap.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.