On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Tamatiebredie

───   07:55 Sat, 04 Jun 2011

Tamatiebredie | News Article

1 ½ kg lamstowevleis
Kookolie
2 groot uie, gekap
4 lourierblare
200 gram aartappels, in blokkies gesny
100 gram wortels, opgesny
100 gram tamaties (concassé)
2 teelepels gekapte knoffel en gemmer
1 x 460 gram blikkie gekapte tamaties
1 sakkie tamatiepasta
½ koppie rooiwyn
Gemaalde swartpeper en sout na smaak
Maizena (om sous te verdik indien nodig)
Beef stock om bo-oor te sit.

Verhit olie in ‘n pan en braai die vleis daarin gaar. Voeg uie, knoffel, lourierblare, sout en peper by. Voeg tamatie concassé by en kook vir ongeveer 5 minute. Voeg tamatiepasta en rooiwyn by. Sit die beef stock bo-op. Kook vir 1 ½ uur. Hou die vleis bedek met die stock, roer af en toe. Voeg dan die blikkie gekapte tamaties asook die wortels by. Plaas weer die deksel op en kook tot die vleis amper gaar is. Voeg laaste die aartappels by en kook tot dit gaar is. Verdik die sous met maizena indien nodig. Bedien saam met rys of couscous.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.