Babbelgum vir die Siel
Maklike melkkos resep─── 12:32 Fri, 21 Jan 2011

Melkkos
500 ml melk
2 eetlepels (50 ml) koekmeel
2 eetlepels margarine
bietjie sout
Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikrogolfoond - hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer - elke 1 minuut – anders maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is, gooi kannelsuiker in
Roer deur en skep in bakkies. Gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor.