Babbelgum vir die Siel
Pekanneut tert-stafies─── 08:23 Sat, 08 Nov 2014


Bestanddele:
Vir kors:
1 koppie ongesoute sagte botter
2/3 koppies bruinsuiker
2 2/3 koppies koekmeel
½ teelepel sout
Bolaag:
½ koppie ongesoute botter
1 koppie ligte bruinsuiker
1/3 koppie heuning
2 eetlepels room
2 koppies gekapte pekanneute
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 ºC en voer ‘n oondpan uit met foelie. Maak eers die kors deur die botter en bruinsuiker saam te verroom. Voeg koekmeel en sout by mengsel. Druk die korsmengsel in die oondpan vas en bak vir 20 minute tot goudbruin. Terwyl die kors bak, berei solank die vulsel voor deur die botter, bruinsuiker, heuning en room saam in ‘n pan te verhit oor matige hitte. Roer die gekapte pekanneute by. Haal die kors uit die oond en gooi vulsel oor die warm kors. Plaas die pan terug in die oond en bak vir ‘n verdere 20 minute. Verwyder pan uit oond en laat die stafies goed afkoel in die pan. Verwyder die foelie en sny stafies op ‘n broodbord en bedien.
Foto: www.justataste.com