At Lunch
Kontreikuiers: Philippolis se Carin Pienaar─── 09:33 Wed, 23 Jun 2021
In hierdie week se episode van Kontreikuiers gesels At Lunch se Cyril Viljoen met Carin Pienaar oor Philippolis en haar passie vir mense en kos.
In Kontreikuiers kuier en klets At Lunch se Cyril Viljoen elke week met kleurvolle en interessante persone regoor sentraal Suid-Afrika.
LEES OOK: Gavin Boy of Fickburg's Café Chocolat
Philippolis se hoofweg spog met interessante plaaslike koffiewinkels en restaurant.
Maar in dit alles bied Philippolis iets ontasbaarder en tog kosbaarder: die geleentheid om deel te neem aan 'n lewenstyl wat al hoe skaarser geword het: die geheimsinnige, uitgestrekte en onaangeraakte skoonheid van die Karoo.
Dit is wat Carin Pienaar na hierdie dorp in die Vrystaat gelok het. Sy woon al dertien jaar in hieride dorp, waarop sy al verskeie kafees en restaurant besit het.
LEES OOK: WD Jonker van die 'Hidden Track Sessions'
Carin gesels in hierdie episode van #Kontreikuiers met Cyril Viljoen - luister na hulle gesprek hieronder.
Kontreikuiers: Philippolis se Carin Pienaar: