On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Arts

Vrystaat Kunstefees: ‘die waarheid oor duiwe’ al die pad van Australië

───   10:05 Tue, 02 Jul 2024

Vrystaat Kunstefees: ‘die waarheid oor duiwe’ al die pad van Australië | News Article

“Oud-Bloemfonteiners Karien Jordaan en Marli van der Bijl raak nostalgies in hul debuutproduksie op vanjaar se Vrystaat Kunstefees. Hulle bring hulde aan die digter wyle Gisela Ullyatt, ook ’n oud-Bloemfonteiner.”

Die waarheid oor duiwe is ’n intieme musiekproduksie vir een vrouestem, ondersteun deur ’n klavier en ’n dwarsfluit. Die poësie van die bekroonde digter Gisela Ullyatt kry vlerke deur swewende melodieë, nostalgiese, gesproke teks en treffende visuele komponente. Iewers tussen klassieke en kontemporêre musiek vind elke gehoorlid ‘n raakpunt tydens dié aangrypende, eiesoortige Suid-Afrikaanse vertoning.



Debuutproduksie

Genre: Musiek – Eenvrouvertoning

Rolverdeling: Marli van der Bijl (Sanger, Regisseur en Medevervaardiger), Karien Jordaan (Pianis, Komponis en Medevervaardiger) en Marie Anderson (Fluitspeler)

Digter, liriekskrywer: Gisela Ullyatt, gepubliseer deur Protea Boekhuis

Tegniese span: Herman Putter

Produksiehuis: Wilde Verse Productions

Taal: Afrikaans, Engels

Alle ouderdomme welkom

Tydsduur: 50 min.

Kaartjieprys: R130 vooraf, R150 by die deur

https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1546029526

Datums en Tye: 4 Julie 19:00, 5 Julie 19:00, 6 Julie 13:00

Lokaal: Naval Hill Planetarium

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.