On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Arts

Margit Meyer-Rödenbeck spog met 3 produksies by Vrystaat Kunstefees

───   11:49 Wed, 29 May 2024

Margit Meyer-Rödenbeck spog met 3 produksies by Vrystaat Kunstefees | News Article

“Almal se geliefde Liewe Heksie is terug. Dié keer span sy haar besem in as ’n visstok. Jy word genooi om saam te kom lag op vanjaar se Vrystaat Kunstefees.”

Margit Meyer-Rödenbeck sluit by Yolanda Maartens aan in die Kunsteklop om te gesels oor haar rol as regisseur van Hoerkind op vanjaar se Vrystaatse Kunstefees. Dan is sy ook hier as die geliefde Liewe Heksie van Verna Vels. Die kleinspan mag dit nie misloop nie. Laastens natuurlik ook iets vir volwassenes: Ouma is ook op pad kunstefees toe al die pad van Garies. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.



Almal se geliefde Liewe Heksie is terug. Dié keer span sy haar besem in as ’n visstok. “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ‘n vis vang. Dan sing ek sommer ‘n liedjie en die vis wil saam sing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy, omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ‘n nuwe ene.” Hoekom raak koning Rosekrans se forelle al hoe minder? Is dit Levinia of is die nare Geelheks weer in die prentjie?

  • Genre: Teater vir jong gehore
  • Regisseur: Margit Meyer-Rödenbeck
  • Ouderdomsbeperking: 13
  • Kopanong Auditorium (Ou Kovsie-kerk)

https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1546382125

Hy word ’n hoerkind genoem. Op ses gaan hy kinderhuis toe. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ’n pedofiel. Drank- en dwelmafhanklikheid ry hom. Een aand word hy as gyselaar gehou en met ’n mes gesteek. Sy foute is volop, maar hy leer soos hy voortbeur. ’n Ware verhaal oor verlies én oorwinning, gegrond op die joernalis Herman Lategan se memoires.

  • Genre: Drama – Eenmanvertoning
  • Regisseur: Margit Meyer-Rödenbeck
  • Ouderdomsperk: 18
  • kykNET Scaena Teater

https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1546382370

Ouma kom van Garies en soos die meeste mense van daardie wêreld, is sy ’n formidabele vrou. Op die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met dié dat haar kleindogter nou in die stad werk en sy nou en dan vir haar gaan kuier.

  • Genre: Komedie 
  • Rolverdeling: Margit Meyer-Rödenbeck, Coenraad Rall (klavier)
  • Regisseur / Director: Jurgen Human
  • ATKV Wynand Mouton Teater

https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1546057829

OFM Nuus dg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.