On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Ekonomiese groei belangrik vir SA

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 27 May 2021

Ekonomiese groei belangrik vir SA  | News Article

Ekonomiese groei kan die antwoord vir baie van die kwessies wees waarmee Suid-Afrika worstel.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê een van die maniere om ‘n land se ekonomie te groei, is om vertroue te skep sodat beleggers kan belê en onder meer nog werksgeleenthede skep. 

Sien onderstaande PODCAST

Van Zyl sê kwessies soos onteiening sonder vergoeding skep wantroue.

Hy voeg by dat die ekonomie groter moet word sodat daar groter kapasiteit en meer geleenthede geskep kan word, wat positief tot die land se ekonomie sal bydra.

“Maar die vraag nou is: ‘Wie, wat rasioneel denkend is, sal belê in ‘n land as sy staat in sy grondwet wil skryf hy kan bates van die publiek konfiskeer, onteien sonder vergoeding – dis ‘n groot bedreiging vir die toekoms van ons land,” sê hy.

Van Zyl is ook van mening dat elke beleid getoets moet word en daar gekyk moet word na watter invloed dit op die land se ekonomiese groei sal hê.

Verder deel hy dat misdaad, soos veediefstal, plaasaanvalle en –moorde, sowel as infrastruktuur, nog faktore is wat die land negatief beïnvloed. Van Zyl sê as ‘n land nie ordentlike paaie en treinspore het om produkte by die mark te kry nie, dan raak dit problematies vir die mark-omgewing, sowel as die verbruiker en produsent.

Hy sluit af deur te sê om die ekonomiese klimaat in Suid-Afrika te verander, moet landsburgers hande vat en kyk na wat gedoen kan word om die beste konstruktiewe beleidsomgewing te skep, stabiliteit te kry en werksgeleenthede te skep.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.