On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Roeier al amper 30 dae in kajak vir liefdadigheid

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 29 Apr 2021

Roeier al amper 30 dae in kajak vir liefdadigheid | News Article
FOTO: FACEBOOK

Edward-John Hill, ook bekend as Bean, wat die Oranjerivier aangepak het om vanaf Lesotho tot in Namibië met sy kajak te roei om geld vir liefdadigheid in te samel, is nou al amper 30 dae op die rivier.

Chris van Beljon, stigter van Boere Droogtehulp SA NPC, deel dat ten spyte van die uitdagings wat die 'Kayak for Charity'-span ervaar, Hill steeds voortroei. Hy doen ‘n beroep op die publiek om boere by te staan en skenkings te doen.

Sien onderstaande PODCAST

Hierdie besonderse uitdaging is in samewerking met die Bring Hoop-projek om fondse te werf vir, onder andere, boere wat onder erge droogte gebuk gaan.

Van Beljon sê daar is boere wat weens die voortslepende droogte alles verloor het en as gevolg daarvan nie na hulle gesinne kan omsien nie.

“Ons boere kry regtig swaar. Ons doen hierdie ding om fondse in te samel vir ons boere en ná nege jaar se droogte en dan nou natuurlik nog ‘n jaar van Covid-19, dink ek sal die mense mooi kan verstaan wat regtig aangaan.

LEES: #Droogtehulp: Man roei steeds in kajak ten spyte van uitdagings

“Ná nege jaar om so in droogte te sit, dink ek kan ons vir ons boere net sê baie dankie dat hulle nog steeds vasbyt, nog steeds aanhou – hulle gee net nie op nie. Party van die manne weet ek het nie eens meer krag in hulle huise nie, hulle het nie eens meer diesel in hulle bakkies nie, maar hulle gaan net aan…” sê Van Beljon.

Hy deel verder dat hy baie oproepe ontvang van boere wat sê hulle het goeie reënval ontvang maar omdat hulle nie meer vee oor het nie kan hulle nie meer voortboer nie en het hulle geen geld meer oor nie.

LEES: Duo roei vandag 2 200km vir liefdadigheid

“Ek sal dit baie waardeer as mense betrokke kan raak by nie net die kajak-inisiatief nie maar ook die droogtehulp-inisiatief. Dit sal baie beteken, nie net vir ons nie maar vir die boere en almal daar buite wat hulp nodig het,” sê Van Beljon.

Vir die bankbesonderhede en meer inligting besoek Boere Droogtehulp se Facebook-blad of die webtuiste: www.boeredroogtehulpsa.org. Om direk kontak met Van Beljon te maak, stuur 'n WhatsApp boodskap na 082 961 6620.

Volg Hill se rit hier: Kayak for Charity



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.