On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere raak ontslae van diere weens #Droogte

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 06 Jan 2021

Boere raak ontslae van diere weens #Droogte  | News Article
Foto: Photoxpress

Die onlangse wydverspreide reën in die Noord-Kaap word wyd verwelkom, maar daar is boere wat steeds wag op reën in droogtegeteisterde gebiede.


Andrew Farmer, ‘n boer van Eksteenfontein in die Noord-Kaap, sê die Richtersveldstreek worstel die afgelope sewe jaar met droogte. 

Farmer wat met bokke, skappe en beeste boer, sê van die boere het alles verkoop en hulle hekke gesluit. Dit, terwyl hy – net soos ander boere – ontslae moes raak van lewendehawe weens dié erge droogte. 

OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…

Sien onderstaande PODCAST

Farmer sê hy het sowat 200 bokke besit en moes ontslae raak van 160 en besit nou net 40 bokke. Hy voeg verder by dat, “my skape was oor 400 gewees, ek het hulle gebring na so 200 toe. En my beeste - ek het so 100 gehad en ek het hulle gebring na 30 toe”.

Dié hartseer realiteit, verduidelik hy, is ook die realiteit van talle ander boere in die droogtegeteisterde streek soos hulle maniere vind om die droogte die hoof te bied.

Hy sê die plaaslike regering bied droogtehulp aan boere en dat daar vanjaar ‘n Covid-19 hulpfonds aangebied is wat boere voor aansoek moes doen. Farmer voeg egter by dat baie boere nie vir hierdie fonds aansoek gedoen het nie. Maar, diegene wat wel aansoek gedoen het, het finansiële hulp ontvang.

Intussen voeg Farmer by dat hulle sowat 7mm reën Maandagaand ontvang het en sê hulle is dankbaar hiervoor. Hy sê plekke soos Steinkopf en Concordia het heelwat reën gekry. 

Daarmee saam het OFM-nuus onlangs berig dat die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) wydverspreide reën en donderstorms voorspel vir dié provinsie. 

Siyabonga Mpati, weervoorspeller in Bloemfontein, het verduidelik dat daar 'n waarskuwing uitgereik is vir Maandag en Dinsdag en dat reënval Woensdag uit die westelike dele sal opklaar waar 'n 30%-kans vir reën vir die naweek bestaan. 

Hy voeg by dat die noordoostelike dele van die provinsie na verwagting vanaf Woensdag reën sal ervaar.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.