On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Die projek, Boks-voer-vir-'n-Boer, kom uit boervrou se hart

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:35 Tue, 01 Sep 2020

Die projek, Boks-voer-vir-'n-Boer, kom uit boervrou se hart | News Article
FOTO: Jasper Maass van Aggeneys en 'n plaaswerker voer sy skape. Hy is 'n boer wat op die Boks-voer-vir-'n-Boer se aanlynwinkel is.

Die projek-Boks-voer-vir-'n-Boer is van stapel gestuur nadat 'n inisiatief van dié aard in die hart van 'n boervrou van Mpumalanga gegroei het.


Elria Steinberg, van 'n plaas tussen Hendrina en Carolina, se behoefte om hulp aan boere in die droogtegeteisterde Namakwaland en veral die Calvinia-gebied te verleen, het só sterk geword dat sy dit later nie meer kon ignoreer nie. Die projek behels 'n aanlynwinkel waar pakkette vir veevoer beskikbaar is en waarvan weldoeners kan kies. Die pakkette kan dan deur 'n weldoener gekoop word en die geld gaan aan boere, wat reeds geïdentifiseer is vir dié inisiatief. Steinberg sê in dié stadium is daar reeds 11 boere wat hulp benodig in dié verband. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Steinberg sê sy is 'n "kind" van daardie wêreld - die Namawaland. Sy is oorspronklik van die Garries-gebied, maar is in Springbok gebore. Hulle het later ook in Pofadder en Loeriesfontein gebly en sy het in Calvinia gematrikuleer. Sy het op dié projek besluit, omdat sy nie kan toesien hoe skape nie kos het nie. Steinberg het op die projek, Boks-voer-vir-'n-Boer, besluit nadat die projek, Boks-vir-'n-Boervrou, haar geïnspireer het. 

Haar projek se Facebook-blad is twee weke gelede geskep en sy moedig mense aan om dié blad te besoek. Daar is baie agtergrond-inligting beskikbaar.  Sy verduidelik daar is op dié aanlynwinkel 'n plek waarop daar gekliek kan word en dan kan weldoeners uit 'n paar pakkette kies. Hulle kan ook 'n boer, wat deel van die program is, kies aan wie die "boks" met veevoer geskenk kan word.   

Sy sê gemeenskappe het nou die geleentheid om deur middel van hierdie aanlynwinkel 'n boks voer vir 'n boer  te koop, want daardie boere moet hul trots behou en na hul gesinne en werknemers omsien. Sy nooi mense regoor die land uit om betrokke te raak. Sy hoop daar gaan deur dié projek hope veevoer op bakkies beland.  

Steinberg sê enige hulp is waardevol en 'n pakket van R700 moet nie gering geag word nie. Dit kan genoeg wees om veevoer beskikbaar te stel aan 'n klomp skape en produsente sodoende help om in 'n produksiesiklus in te beweeg.  

Sy baat geensins geldelik by dié insiatief nie en neem slegs 'n geringe persentasie vir bankfooie. Steinberg sê sy neem in totaal sowat 3,5% om die administratiewe uitgawes te betaal, sodat dit nie later 'n "monster" word wat uit haar eie sak moet kom nie.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.