Agri Hour
Senwes Safex-verslag: Graansoorte, kontrakte verhandel sterker─── 07:33 Tue, 25 Jun 2019
Die Safex-pryse op OFM word moontlik gemaak deur Senwes Equipment. Puik produkte en spesiale aanbiedinge op nuwe en gebruikte toerusting. Senwes Equipment – Breek nuwe Grond.
Bennie Scheepers, 'n graanmakelaar, sê hoewel markte Maandag in die rooi gesluit het, verhandel alle graansoorte en kontrakte relatief sterker teenoor die pariteitsindeks. Julie-witmielies en Julie-geelmielies sluit onderskeidelik R3 per ton en R22 per ton laer.
Amerikaanse boere plant vir die week (geëindig 23 Junie ), 4% mielies aan om die totale persentasie geplant tot op 96% te bring. Boere moes nou eintlik reeds 'n geruime tyd klaar geplant gewees het teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.
Hy sê sojaboonaanplantings is ook baie traag weens nat toestande in Amerika.
Hier is Scheepers...
Die Safex-pryse op OFM is moontlik gemaak deur Senwes Equipment. Bel jou naaste heelwerktuigbemarker vir die nuutste diens- en inspeksieprogramme. Senwes Equipment – Breek Nuwe Grond.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus