Agri Hour
Senwes Safex-verslag: Suid-Afrikaanse mark sluit sterker as Amerikaanse indeks─── 06:03 Thu, 20 Jun 2019
Die Safex-pryse op OFM word moontlik gemaak deur Senwes Equipment. Puik produkte en spesiale aanbiedinge op nuwe en gebruikte toerusting. Senwes Equipment – Breek nuwe Grond.
'n Graanmakelaar van Senwes, Handré van Heerden, gee 'n oorsig van die internasionale en plaaslike markte. Hy sê Amerikaanse kommoditeite het Woensdag in geheel negatief verhandel. Pryse het onder druk gekom met tegniese winsneming wat op lang posisies plaasvind, nadat pryse aansienlik hoër die afgelope maand was. Verwagtinge vir swakker as verwagte uitvoersyfers het verdere druk op pryse geplaas, sê hy.
Amerikaanse mielies het met 8,75 sent, bykans 2% gedaal. Ontleders verwag weeklikse uitvoere tussen 11,8 en 35,4 miljoen skepels.
Plaaslik het witmielies kortstondig met markopening positief verhandel, maar weereens prysdruk ervaar weens die sterker rand, produsenteverkope en 'n negatiewe pariteitsindeks beweging. Die plaaslike mark het vir die eerste keer in bestek van 'n week egter sterker as die Amerikaanse-indeks gesluit.
Hier is Van Heerden...
Die Safex-pryse op OFM is moontlik gemaak deur Senwes Equipment. Kontak jou naaste heelwerktuig-bemarker vir die nuutste diens- en inspeksieprogramme. Senwes Equipment – Breek nuwe Grond.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. Luister ook weeksdae om 11:00 en 13:30 na jou landbounuusbulletins slegs op OFM. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus