Local News
Quewin Coetzee vroeg aanstaande jaar verhoor─── LANI FOUCHÉ 16:48 Tue, 10 Sep 2013

Lani Fouché
Bloemfontein - Die veroordeelde moordenaar, Quewin Coetzee, sal vroeg aanstaande jaar verhoor word vir bedrog nadat hy vroeër vanjaar uit aanhouding ontsnap het.
Hy het vandag weer vlugtig in die stad se landdroshof verskyn waar die saak tot 28 Januarie uitgestel is.
Die nasionale vervolgingsgesag sê hy sal met die aanvang van sy verhoor pleit.
Terwyl Coetzee in Maart vanjaar verhoorafwagtend in die Grootvlei-tronk was weens die moord op sy eertydse swanger meisie, het hy na bewering 'n borgbrief vervals en by die tronk se deure uitgeloop.
Hy is egter kort daarna weer aangekeer en van bedrog aangekla. Hy is in Junie skuldig bevind aan die moord op die swanger Celeste Fraser-Carson in 2012.