On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tydelike nasionale moratorium plaas groot druk op rooivleisprodusente

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:02 Fri, 17 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Tydelike nasionale moratorium plaas groot druk op rooivleisprodusente | News Article

Die tydelike nasionale moratorium op die samekoms van spleethoewige diere vanaf twee of meer bronne, ná die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo, plaas groot druk op rooivleisprodusente.


Dit het talle betrokkenes genoop om alternatiewe wyses te vind om hul diere opveilings te verkoop. Neville Raath, vise-voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, in die Vrystaat, sê dié tydelike verbod raak nie slegs kommersiële produsente nie, maar die informele bedryf trek veral swaar.  Hy sê kleinboere maak staat om van hul diere te verkoop sodat hulle 'n bestaan kan voer.  Raath sê juis daarom het die Rosendal-landbouvereniging besluit om uit te reik na dié boere in die plaaslike kommunuale gebied om hul beeste op 'n veiling, waarop voerkrale hoofsaaklik die kopers is, aan te bied. Dié beeste was in isolasie vir 28 dae en die veilingskraal waar hulle eerskomende Donderdag aangebied gaan word, is stapafstand van dié gebied. Hy sê 'n staatsveearts het die kudde ondersoek en beide die staatsveearts en die onderskeie verkopers moet verklarings aflê dat dié beeste nie met ander diere in aanraking was nie.

EN

Vuurwapeneienaars word nou toegelaat om tydensdie vuurwapenamnestie-periode hul aansoek vir die hernuwing van vervalde bevoegdheidsertikate saam met hul aansoeke vir nuwe vuurwapenlisensies in te dien. Dit kom nadat die Nasionale Jag- en Skietvereniging (NHSA), 'n skikkingsooreenkoms met die polisie gesluit het nadat dié vereniging 'n dringende hofaansoek gebring het. Herman Els, voorsitter van die NHSA, sê die polisie het nie die korrekte wetlike voorskrifte gevolg nie vir die toepassing van dié amnestietydperk, wat op 1 Desember verlede jaar ingestel en tot 31 Mei vanjaar duur.  Hy sê die verandering van die polisie se aansoekproses vir 'n nuwe lisensie tydens die amnestie is ’n groot verbetering. Dit gee aan vuurwapeneienaars 'n billiker kans om aansoek te doen vir nuwe lisensies vir vuurwapens waarvan die lisensies verval het. Els doen 'n beroep op vuurwapeneienaars om die geldigheid van hulle vuurwapenlisensies en bevoegdheidsertifikate na te gaan en betyds vir hernuwing aansoek te doen.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.