On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Bainsvlei-moord: Man verskyn Maandag

───   17:46 Thu, 16 Apr 2015

Bainsvlei-moord: Man verskyn Maandag | News Article

Bloemfontein - Die man wat gistermiddag deur polisie in Bloemfontein in hegtenis geneem is in verband met die moord op die tienermeisie, Noeline Koekemoer, verskyn Maandag in die Bloemfonteinse Landdroshof.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, het vanmiddag aan OFM-nuus gesê die verdagte is die enigste wat tot dusver met die moord verbind word en hulle soek nie na nog verdagtes nie.
 
Koekemoer se ma, Natasha Mans, het verlede Dinsdag op haar dogter se lyk in hul woonstel op ‘n kleinhoewe in Bainsvlei afgekom. Marope het vroeër gesê klagte van moord en verkragting word ondersoek.
 
Owen Kock/OFM-nuus 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.