Local News
Biltong beteken gróót geld vir ekonomie─── DANE BEISHEIM 14:17 Thu, 29 Jan 2015

Potchefstroom - Biltong beteken vir die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks meer as R2,5 miljard.
Dit blyk uit navorsing deur die Noordwes-Universiteit. Melville Saayman sê die studie het die gewildheid en waarde van biltong en wildsvleis probeer bepaal.
Vyf-en-dertig persent van die respondente het aangedui dat kudu die gewildste wildsvleis is, gevolg deur springbok, impala, eland, wildebees, blesbok en volstruis. Gemsbok was vir vyf persent van die deelnemers aan die studie die gewildste en vlakvark, vir slegs een persent.
Saayman sê dit is nou tyd vir biltong om 'n rolspeler in die internasionale mark te word.
Dane Beisheim/OFM-nuus
Dane Beisheim/OFM-nuus
Melville Saayman: