Local News
Minister in Bfn: Waterbeperkings op sakelys─── SABRINA SABRINA 14:56 Thu, 10 Jul 2014
Sabrina Dean
Bloemfontein - Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, is vanmiddag in Bloemfontein waar sy agter geslote deure 'n vergadering hou met onder meer die Vrystaatse premier en die Mangaung burgemeester. Mokonyane word vergesel deur die department se adjunkminister en waarnemende direkteur-generaal.
Sy het net voor die vergadering aan OFM-nuus gesê haar besoek vorm deel van ‘n reeks soortgelyke vergaderings oor die land heen wat handel oor radikale veranderings in die manier waarop die regering, spesifiek haar departement, sake doen.
Sy sê die waterperkings, wat volgens die staatskoerant reeds op 1 Julie in Mangaung in werking moes tree, is beslis op vanmiddag se sakelys.
Die departement se Trevor Balzer het verlede maand aan OFM-nuus gesê die beperkings moet ingestel word weens swak reën in die Caledon/Modderrivier-stelsel.
Die departement se Trevor Balzer het verlede maand aan OFM-nuus gesê die beperkings moet ingestel word weens swak reën in die Caledon/Modderrivier-stelsel.
Nomvula Mokonyane: