On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Prokureur in hof oor dwelms

───   08:48 Sun, 10 Jan 2021

Prokureur in hof oor dwelms | News Article

'n Noord-Kaapse prokureur en haar medepligtige sal na verwagting weer op 2 Maart in die Keimoes-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

Dit kom nadat die 32-jarige Sue-Ann Koopman en haar vermeende medepligtige, die 35-jarige Richard John vroeër op R300 elk borgtog vrygelaat is. 

Hulle is deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, vergesel deur die grenspolisie en honde-eenheid, in hegtenis geneem. 

Volgens die Valke se provinsiale woordvoerder, Nomthandazo Mnisi, het die spanne die verdagtes se huis deursoek en op Mandrax-tablette ter waarde van R1 550 afgekom, asook dagga ter waarde van R2 650.

Ondersoeke duur voort.


OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.