National
Minister van gesondheid in die hospitaal opgeneem─── 09:53 Wed, 14 Aug 2013
Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, is Dinsdag in die Steve Biko- Akademiese hospitaal in Pretoria opgeneem.
Joe Maila, woordvoerder van die ministerie van gesondheid, het gesê Motsoaledi is Dinsdagoggend in die hospitaal opgeneem vir ’n operasie. Hy het gesê die minister sal minstens ’n week buite aksie wees.

Gwen Ramokgopa, adjunkminister van gesondheid, het Motsoaledi ’n spoedige herstel toegewens.
Sapa