On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Oscar
Listen Live Streams

Local News

DBV red 100 stuks vee by Kuruman

───   LANI LANI 17:03 Mon, 29 Jul 2013

Lani Fouché

Bloemfontein - Sowat 'n honderd stuks vee se lewens is die afgelope naweek in die droogtegeteisterde Kuruman-distrik gered danksy ingryping van die Dierebeskermingsvereniging.

Die DBV sê weiding in die Klein Damrose-gemeenskap buite Kuruman is weinig, en beeste, skape, donkies en perde wat daar aangehou word is uitgeteer en ondervoed.

Die organisasie het gister genoeg voer vir drie dae ter waarde van R1,5 miljoen daarheen geneem, en het die gemeenskap gevra om dringend nog skenkings te maak sodat die diere nie van kant gemaak hoef te word nie.

Groot dele van die Noord-Kaap word deur erge droogtes geteister, veral die gebiede waar dit verlede jaar gebrand het. Dit sluit in die Ghaapse gebied, 'n gedeelte by Kuruman en gebiede by Kimberley in die rigting van Warrenton.



More from Local News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.