On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

#Droogte: Gewig van totale wol gelewer, neem af; gehalte steeds goed

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:56 Mon, 04 Nov 2019

#Droogte: Gewig van totale wol gelewer, neem af; gehalte steeds goed | News Article

Die knellende droogte in 'n groot deel van die Noord-Kaap het talle boere in 'n geldelike knyptang.


Die skaap-en wolbedryf word ook geraak met die lewering van wol wat veral in terme van gewig drasties afgeneem het. Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Noord-Kaap se voorsitter, Fanie Dippenaar, sê 'n positiewe punt is egter dat gehalte wol steeds gelewer word, maar die gewig van die wol wat deur produsente gelewer word, het verminder.

Hy sê die voordeel van die mikron (wolsterkte en dikte) wat beter is, kompenseer in 'n mate vir die afname in die gewig van wol wat gelewer word. Die uitwerking van die droogtetoestande het produsente van NWKV in die Noord-Kaap genoop om hul inkomste met 30% te sny.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Dit was Fanie Dippenaar, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Noord-Kaap.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.